
- Allergieë wat met ‘droë voer’ verband hou, soos chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte, word aanmerklik verminder.
- Die voorkoms van laminitis word verlaag.
- Die perde het ’n verhoogde hemoglobienvlak en bloedtelling, wat tot beter suurstofsirkulasie lei en uiteindelik die perd se uithouvermoë verbeter.
- Die hersteltydperk ná oefening word aanmerklik verkort.
- Danksy die hoë voginhoud van aëroponies gekweekte groenvoer word die voorkoms van verteringsprobleme soos maagsere en koliek beduidend verlaag.
- Die perde het verhoogde hoefkrag en -gehalte weens hoë biotien-inhoud.
- Die aëroponies gekweekte groenvoer help om die hersteltydperk ná beserings en infeksies te verkort.
- Perde se energievlakke word verhoog sonder dat hulle ‘warm’ word.