Verskaf ons met u kontak informasie en ons sal u kontak!






Home Voordele Voordele vir diere

ALGEMENE VOORDELE VIR DIERE

  • Hoogs smaaklik en voedsaam
  • Verlaag voerkoste
  • Verbeter algehele vrugbaarheid, bevrugtingskoerse en voortplantingsvermoëns
  • Verbeter die voorkoms van die pels of vag
  • Verhoog teelvermoë
  • Verhoog verteerbaarheid van voedingstowwe
  • Verbeter algemene dieregesondheid en siekteweerstand – ’n gesonder dier benodig minder veearts-sorg
  • Verhoog oorlewingskoers van pasgeborenes
  • Maksimum verrigting word verkry met minder proteïen weens beter opname en verteerbaarheid van daaglikse voer
  • Het ’n alkaliserende uitwerking op die dier se liggaam (Shipard, 2005)
  • Detoksifiseer die bloed en versterk die lewer (Shipard, 2005)

Vleisbeeste

  • Die karkasgehalte word grootliks verbeter.
  • Ons het ervaar dat die daaglikse voer van groenvoer teen ’n koers van 3% tot 3.5% van die dier se liggaamsgewig en aanvulling met ruvoer van hoë gehalte die beste resultate lewer.
  • Omdat groenvoer meer verteerbaar is, is die omskakeling van groenvoer na vleis aansienlik hoër. Die gemiddelde daaglikse toename in gewig word met 1600 g verhoog (Leitch, 1939).
  • Graangevoerde beeste het ook ’n groter gewigstoename as beeste wat met veekamp-gekweekte groenvoer gevoer word, maar om dieselfde gewigstoename in graangevoerde beeste as in groenvoer-gevoerde beeste te verkry, moet groot hoeveelhede graan gevoer word, wat metaboliese en verteringsprobleme kan veroorsaak, soos vroeër genoem. Die meerderheid van die graan word boonop nie benut nie en beweeg onverteerd deur die dier.

Skape

  • Die karkasgehalte word grootliks verbeter.
  • Daar is verbeterde gewigstoename teen slagtingstyd.
  • Skape tel gemiddeld daagliks 0.083 kg op teenoor die gemiddelde daaglikse toename van 0.053 kg wanneer ’n voerkraal-rantsoen oor ses maande gevoer word (Fayed, 2011).

Melkbeeste

  • Die melkopbrengs word verhoog: Suid-Afrikaanse melkboere het ’n styging van tot 10% in melkproduksie ervaar wanneer hidroponiese of aëroponiese groenvoer gevoer is teenoor die normale volledig gemengde rantsoen (graangebaseer). Hierdie toename kan toegeskryf word aan die kataliserende uitwerking wat die voer op die grootpens het.
  • Die bottervet-inhoud word verhoog: Koeie wat gars/hawer-groenvoer gevoer word, het [LM1] ’n hoër onversadigde vetsuur-inhoud – tot 14% hoër as koeie op ’n volledig gemengde rantsoen (Ryan, 2003).
  • Hoë pryse word betaal vir hoër grade bottervet in melk.
  • Die gehalte van die melk word verbeter.
  • Die aanvullende voer van gars/hawer-groenvoer hou die koeie gesond.
  • Die tyd vanaf geboorte tot spening word verminder.
  • Die melkbeeste het ’n groter eetlus.
  • ’n Aanmerklike daling in melkprodusie kan bespeur word wanneer koeie tydens laktasie nie meer groenvoer ontvang nie.

Perde

  • Allergieë wat met ‘droë voer’ verband hou, soos chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte, word aanmerklik verminder.
  • Die voorkoms van laminitis word verlaag.
  • Die perde het ’n verhoogde hemoglobienvlak en bloedtelling, wat tot beter suurstofsirkulasie lei en uiteindelik die perd se uithouvermoë verbeter.
  • Die hersteltydperk ná oefening word aanmerklik verkort.
  • Danksy die hoë voginhoud van aëroponies gekweekte groenvoer word die voorkoms van verteringsprobleme soos maagsere en koliek beduidend verlaag.
  • Die perde het verhoogde hoefkrag en -gehalte weens hoë biotien-inhoud.
  • Die aëroponies gekweekte groenvoer help om die hersteltydperk ná beserings en infeksies te verkort.
  • Perde se energievlakke word verhoog sonder dat hulle ‘warm’ word.

Bokke, Varke en Hoenders

  • Bokke toon dieselfde verbeterings in gesondheid en vertering as beeste en skape.
  • Varke en hoenders word hoofsaaklik in fabriekomgewings met ’n hoë teeldigtheid geteel, en toon ook aansienlike verbeterings ten opsigte van gesondheid en vertering.
  • Die ensieme in gars/hawer-groenvoer verminder die ‘taai mis’ van hoenders. Die eiers wat gelê word, is dus skoner.
  • Daar is ’n duidelike toename van tot 40% in eierproduksie.
  • Die groenvoer help om kannibalisme onder hoenders te verhoed, omdat daar geen leemtes in hul dieet is nie.
  • Varkproduksie word verhoog deur die ryk ensieminhoud van die gars/hawer-groenvoer, en dit is veral voordelig vir gespeende varkies om suksesvol van sogmelk na vaste kos oor te skakel.

Dieretuin en Hansdieretuindiere

  • Diere wat in aanhouding is, kan grootliks baat by vars gars/hawer-groenvoer omdat hulle in ’n onnatuurlike omgewing bly.
  • GreenFeed® Growing Systems kan by die verskillende daaglikse vereistes van die meeste dieretuin- en hansdieretuindiere aangepas word.