- Gewaarborgde groenvoervoorraad deur die jaar, ongeag omgewingstoestande.
- GreenFeed® Growing Systems verseker volgehoue hoë gehalte van groenvoer.
- Geen langtermynberging van groot hoeveelhede voer is nodig nie, dus is daar geen verlies aan voedingstowwe nie en word die voer nie galsterig of gemuf nie.
- In die beheerde omgewing kan die voeruitset gereguleer en beheer word om in die behoeftes van lewende hawe te voorsien.
- Die stelsels is arbeid- en kostedoeltreffend weens die klein area wat benodig word.
- 1 kg droë gars/hawer-sade produseer tussen 6 en 6.5 kg groenvoer.
- Die kweekkoste van GreenFeed® Growing Systems is ongeveer R0.32 per kg of R320.00 per ton geproduseer.
- Die veselryk wortelstelsel word ook geëet – dus gaan geen voedingstowwe verlore nie.
- Geen duur grondvoorbereiding, beplanting, besproeiing, bemesting, snywerk, oesrye, baalverpakking en hamermeulens is nodig nie.
- Die stelsel kan die boer help om 1 tot 200 ton aëroponies gekweekte gars/hawer-groenvoer per dag, 365 dae per jaar, te produseer.
- ’n Sentrale gerekenariseerde moniteringstelsel vereenvoudig die bedryf van ’n kweekhuis. Die instandhouding van hierdie stelsel is nie duur nie.
- Die groenvoer wat geproduseer word, is uiters smaaklik, voedsaam en vry van besmetters.
< Vorige | Volgende > |
---|