Verskaf ons met u kontak informasie en ons sal u kontak!






Home Voordele

Voordele van aëroponies gekweekte groenvoer

ALGEMENE VOORDELE

  • Die vinnige produksie van vars groenvoer die hele jaar deur is die vernaamste voordeel van hierdie aëroponiese stelsel.
  • Die groenvoer is uiters smaaklik en sowel herkouende as monogastriese diere vind aanmerklik baat deur die gebruik van die vars gekweekte, voedsame groenvoer in hul daaglikse dieet.
  • Die toevoeging van hierdie voer tot die diere se rantsoene maak ’n reusebydrae wat proteïen en energie betref. Dit is ryk aan vitamiene, minerale en groeifaktore. Groeifaktore is proteïenmolekules wat normaalweg in geringe hoeveelhede in diere se beendere, spiere, vet en die meeste ander weefsels teenwoordig is. Daar is verskeie soorte groeifaktore, en hul generiese funksie is om mitose (selgroei) in weefsel te bevorder.
  • In talle natuurlike grassoorte is die proteïeninhoud relatief laag en groeifaktore is nie in veldgras teenwoordig nie. Ryk bronne van groeifaktore sluit groenvoer, lusernmeel, oplosbare visproteïen en melk in; die beste bronne is egter dié wat vars en onverwerk is.
  • Die voorkoms van asemhalingstoestande word grootliks verminder omdat die groen aëroponiese voer stofvry is.
  • Omdat dit natuurlik gekweek word, is daar geen antibiotika, hormone, plaagdoders of onkruiddoders in die aëroponiese groenvoer teenwoordig nie.
  • Die oorsaak van die meeste verterings- en metaboliese probleme in herkouende diere is ’n graangebaseerde dieet. Hierdie probleme kan oorkom word deur graan heeltemal uit die dieet te verwyder en gars/hawer-groenvoer in die plek daarvan te voer.
  • In gebiede met swak of geen weiding, waar boere baie van reënval afhanklik is, is aëroponiese groenvoerproduksie ’n aantreklike, winsgewende en finansieel lewensvatbare alternatief.
  • Ons beveel dus aan dat gars/hawer-groenvoer aëroponies geproduseer word, aangesien dit goedkoper en hoogs voedsaam is.

Daar is talle voordele aan aëroponiese groenvoerproduksie verbonde. Dit sluit die volgende in:

ALGEMENE VOORDELE VIR DIERE

  • Hoogs smaaklik en voedsaam
  • Verlaag voerkoste
  • Verbeter algehele vrugbaarheid, bevrugtingskoerse en voortplantingsvermoëns
  • Verbeter die voorkoms van die pels of vag
  • Verhoog teelvermoë
  • Verhoog verteerbaarheid van voedingstowwe
  • Verbeter algemene dieregesondheid en siekteweerstand – ’n gesonder dier benodig minder veearts-sorg
  • Verhoog oorlewingskoers van pasgeborenes
  • Maksimum verrigting word verkry met minder proteïen weens beter opname en verteerbaarheid van daaglikse voer
  • Het ’n alkaliserende uitwerking op die dier se liggaam (Shipard, 2005)
  • Detoksifiseer die bloed en versterk die lewer (Shipard, 2005)

PRODUKVOORDELE

  • Gewaarborgde groenvoervoorraad deur die jaar, ongeag omgewingstoestande.
  • GreenFeed™ Growing Systems verseker volgehoue hoë gehalte van groenvoer.
  • Geen langtermynberging van groot hoeveelhede voer is nodig nie, dus is daar geen verlies aan voedingstowwe nie en word die voer nie galsterig of gemuf nie.
  • In die beheerde omgewing kan die voeruitset gereguleer en beheer word om in die behoeftes van lewende hawe te voorsien.
  • Die stelsels is arbeid- en kostedoeltreffend weens die klein area wat benodig word.
  • 1 kg droë gars/hawer-sade produseer tussen 6 en 6.5 kg groenvoer.
  • Die kweekkoste van GreenFeed™ Growing Systems is ongeveer R0.32 per kg of R320.00 per ton geproduseer.
  • Die veselryk wortelstelsel word ook geëet – dus gaan geen voedingstowwe verlore nie.
  • Geen duur grondvoorbereiding, beplanting, besproeiing, bemesting, snywerk, oesrye, baalverpakking en hamermeulens is nodig nie.
  • Die stelsel kan die boer help om 1 tot 200 ton aëroponies gekweekte gars/hawer-groenvoer per dag, 365 dae per jaar, te produseer.
  • ’n Sentrale gerekenariseerde moniteringstelsel vereenvoudig die bedryf van ’n kweekhuis. Die instandhouding van hierdie stelsel is nie duur nie.
  • Die groenvoer wat geproduseer word, is uiters smaaklik, voedsaam en vry van besmetters.

PROSESVOORDELE

  • Die proses waarborg optimale produksie en versnelde groei.
  • ’n Hoë opbrengs kan in ’n baie klein area verkry word.
  • Die proses verg lae water- en energieverbruik.
  • Lae instandhouding word vereis.
  • Die boer weet presies wat die voedingswaarde is en waarmee die voer in aanraking kom, wat klaarspeel met die raaiwerk verbonde aan die voer van veevoer van onbekende bronne.
  • Voer van hoogstaande gehalte word gelewer.
  • Die groenvoer kan enige plek geproduseer word waar water en krag beskikbaar is.

OMGEWINGSVOORDELE

Omgewings

  • Daar is bykans geen brandstofkoste ter sprake by die kultivering en oes van groenvoer in ons GreenFeed™ Growing Systems-groeikamers nie. Die enigste brandstofkoste wat moontlik aangegaan moet word, is vir die vervoer van die voer vanaf die groeikamer na die diere.
  • Die GreenFeed™ Growing Systems-groeikamer verminder brandstofverbruik en verlaag dus die plaas se koolstofspoor.
  • Die GreenFeed™ Growing Systems se vertikale groeiproses maak dit moontlik om groot volumes vars groenvoer op ’n fraksie van die area te produseer wat deur konvensionele kultivering vereis word.
  • Dit is nie nodig om deurlopend onkruid te verwyder of gebiede te omhein nie en geen bykomende raadstariewe of padinstandhouding word vereis nie.
  • Arbeiders en diere ervaar bykans geen asemhalingsprobleme nie omdat die GreenFeed™ Growing Systems se groeikamers stofvry is.
  • Daar is geen skade deur insekte of diere wat vrylik rondbeweeg nie.
  • Enige waterbron kan in die stelsel gebruik word nadat ons reinigingsproses toegepas is. Hierdie proses sluit filtrering, suiwering en sterilisering in. Die water kan daarná deurlopend gebruik en hergebruik word.
  • Die GreenFeed™ Growing Systems noodsaak minimale waterverbruik en die klein hoeveelhede afloop-besproeiingswater kan in die groeikamer hergebruik word of vir verbruik deur die diere aangewend word.
  • 1 kg groenvoer benodig slegs 2 tot 3 liter water tydens die agtdag-groeisiklus. Die konvensionele kweek van groenvoer verg ongeveer 80 liter om dieselfde hoeveelheid voer te produseer.