GreenFeed® Groei Stelsel
Wat is hidroponiese en aëroponiese veevoer?
Hidroponika is die wetenskap van die kweek van plante in water. Dit is ’n bewese praktyk wat finansieel asook omgewingsvriendelik, winsgewend en voordelig vir die boer is.
’n Gewas wat hidroponies gekweek is, is ’n gewas wat in ’n middel buiten natuurlike grond gekweek is. In wese word hidroponiese groenvoer (hidroponies gekweekte graanplante) voortgeplant deur die ontkieming en uitloop van graansade (soos gars/hawer) om groenvoer van hoogstaande gehalte voort te bring wat ook uiters voedsaam en siektevry is. ’n Beheerde omgewing word allereers benodig. Hoe hoër die mate van beheer, hoe suksesvoller sal die produksie wees. In hierdie groei-eenheid word water gebruik om die groenvoer te produseer. Die rou proteïen en metaboliseerbare energie-inhoud van die groenvoer is hoogs verteerbaar.
GreenFeed® Growing Systems maak van aëroponika gebruik om gars/hawer te kweek. Aëroponika is die proses waartydens plante in ’n lug- of misomgewing gekweek word sonder die gebruik van grond of ’n saamgestelde medium. Aëroponika-kultuur verskil van sowel konvensionele hidroponika as in vitro- (plantweefselkultuur-)kweking. Anders as hidroponika, wat water as groeimiddel asook noodsaaklike minerale gebruik om plantegroei te ondersteun, vind aëroponika sonder ’n groeimiddel plaas. Omdat water soms in aëroponika gebruik word om voedingstowwe oor te dra, word dit soms as ’n soort hidroponika beskou.