Ons produkreeks
In die afgelope paar jaar het GreenFeed® Growing Systems se produkreeks ten opsigte van verskillende groottes en doelmatigheid uitgebrei om ook MIKRO-, DIY-, HAND-, SEMI-GEOUTOMATISEERDE EN VOLLEDIG GEOUTOMATISEERDE groei-eenhede aan die volgende kommersiële sektore te bied:
- Rooivleis- en suiwelbedryf (landbousektor)
- Dieretuin- en hansdieretuinbedryf (vermaaklikheidsektor)
- Renperdgemeenskap (landbou-/vermaaklikheidsektor)
- Groente- en boomsaailing-kwekerye/-navorsingstasies (landbousektor)
- Eetbare spruite (landbousektor)
- Gars/hawer-poeierkonsentraat vir mensegebruik (vervaardigingsektor)
Ons produk- en prysbeskrywing
Skakel asseblief met ons vir ’n volledige produk- en pryslys.
Ons produkwaarborg
Alle GreenFeed® Growing Systems-produkte word gewaarborg. GreenFeed® Growing Systems onderneem om goedere te verskaf wat volledig aan spesifikasies voldoen en van hoëgehalte-materiaal vervaardig word. GreenFeed® Growing Systems onderneem voorts om ’n professionele diens te lewer en daarna te streef om te verseker dat die aankoper heeltemal tevrede is.
Ontwerp en tekeninge: Alle strukture wat deur GreenFeed® Growing Systems verskaf word, sal deur ’n gekwalifiseerde professionele strukturele ingenieur ontwerp word en aan SANS 10162-1:2005-ontwerpkodes voldoen. Die strukture sal van ’n ingenieursertifikaat asook algemene tekeninge vergesel word. Indien ’n terreiningenieur benodig word, sal die kliënt die koste dra.
Rakwerk: Ons rakverskaffer is geassesseer en voldoen aan die vereistes van BS EN ISO 9001-2000 gehaltestelsel-lysnommer 12890 ten opsigte van die ontwerp en vervaardiging van staalrakwerk.
Aanspreeklikheid: GreenFeed® Growing Systems se aanspreeklikheid vir latente defekte van die vervaardigde strukturele staal is tot twee jaar beperk vanaf datum van voltooiing van vervaardiging. Aanspreeklikheid vir defekte sal hierbenewens beperk wees tot GreenFeed® Growing Systems se verskafferswaarborg.
Ons betalingsvoorwaardes
Met bevestiging van enige ander bestellings |
80% van gefaktureerde waarde |
14 dae vanaf ondertekening van kontrak of voor versending, welke een eerste plaasvind |
10% van gefaktureerde waarde |
Met praktiese voltooiing van struktuur |
10% van gefaktureerde waarde |
Fakture is met ontvangs betaalbaar. Fakture wat nie binne tien werksdae betaal is nie, sal volgens GreenFeed® Growing Systems se goeddunke rente dra teen die prima oortrokke koers plus 2% vir die tydperk wat dit uitstaande bly. Betalings sal eerstens aan rente en dan aan die uitstaande faktuursaldo toegewys word. Alle materiaal bly die eiendom van GreenFeed® Growing Systems totdat volledige betaling plaasgevind het.
Ons produkfinansierings en verhuringsopsies
Ons is nou geregistreerde handelaars en het finansiering opsies vir verdere inligting kontak asb:
Mr. Gary Austin
Agric: Specialist and Supplier Head
Standard Bank Vehicle And Asset Finance Gauteng
+27 (0)83 569 1722 / +27 (0)11 6361901 / +27 (0)11 6368057
Me. Stacy Niebuhr
Account Executive
Specialized and Capital Equipment
Sunlyn (Pty) Ltd
E-mail: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
(+27) (11) 809-7513 / (+27) (0) 71 064 1888
Website: www.sunlynrentals.com
Slotsom
Alhoewel die aanvanklike uitlegkoste hoog kan wees, is dit beslis die uitgawe op lang termyn werd as die koste van konvensionele veevoerproduksie in ag geneem word.
Hierdie navorsing sal boere hopelik aanmoedig om hul eie landboupraktyke te evalueer en hulle help om die nodige veranderinge te maak om ’n volhoubare, doeltreffende metode in werking te stel wat hulle ter plaatse profyt aanmerklik sal verhoog met baie lae deurlopende bedryfskoste.
Die aëroponiese GreenFeed® Growing Systems het die potensiaal om boere in staat te stel om groenvoer te produseer wat groot ekologiese en ekonomiese voordele inhou. Hierdie voordele spruit uit die vermindering van die hoeveelheid grond wat benodig word vir maksimumproduksie van lewende hawe, wat voordelig is in streke waarin landbou bemoeilik word en dig bevolkte gebiede met ’n gebrek aan genoeg groeiruimte. Hierdie gebruik van minder weidingruimte om vee te voer verseker meer grond vir voedselgewasproduksie, wat weer die ekonomie van die grond verhoog.
Hierdie stelsel stel die boer in staat om 365 dae van die jaar – hetsy in reën, hael, sonskyn of sneeu – beheer oor voerproduksie te hê. Dit verseker die omset van groot hoeveelhede lewende hawe van goeie gehalte. Die boer kan nou meer topgehalte-vee na die markte stuur, en hulle verkoop wanneer die pryse geskik is in stede daarvan om swak markpryse te aanvaar vir vee van swakker gehalte.
< Vorige |
---|