GreenFeed® Groei Stelsel
Wat is hidroponiese en aëroponiese veevoer?
Hidroponika is die wetenskap van die kweek van plante in water. Dit is ’n bewese praktyk wat finansieel asook omgewingsvriendelik, winsgewend en voordelig vir die boer is.
’n Gewas wat hidroponies gekweek is, is ’n gewas wat in ’n middel buiten natuurlike grond gekweek is. In wese word hidroponiese groenvoer (hidroponies gekweekte graanplante) voortgeplant deur die ontkieming en uitloop van graansade (soos gars/hawer) om groenvoer van hoogstaande gehalte voort te bring wat ook uiters voedsaam en siektevry is. ’n Beheerde omgewing word allereers benodig. Hoe hoër die mate van beheer, hoe suksesvoller sal die produksie wees. In hierdie groei-eenheid word water gebruik om die groenvoer te produseer. Die rou proteïen en metaboliseerbare energie-inhoud van die groenvoer is hoogs verteerbaar.
GreenFeed® Growing Systems maak van aëroponika gebruik om gars/hawer te kweek. Aëroponika is die proses waartydens plante in ’n lug- of misomgewing gekweek word sonder die gebruik van grond of ’n saamgestelde medium. Aëroponika-kultuur verskil van sowel konvensionele hidroponika as in vitro- (plantweefselkultuur-)kweking. Anders as hidroponika, wat water as groeimiddel asook noodsaaklike minerale gebruik om plantegroei te ondersteun, vind aëroponika sonder ’n groeimiddel plaas. Omdat water soms in aëroponika gebruik word om voedingstowwe oor te dra, word dit soms as ’n soort hidroponika beskou.
Ten einde die beste resultate met aëroponiese groenvoer te verseker, moet dit tesame met ruvoer gevoer word om buikloop te voorkom.
Geskiedenis
Hidroponiese gewasproduksie is geensins ’n nuwe praktyk nie. In Groot Brittanje het landbouers reeds 80 jaar gelede hierdie ‘gewas-’n-dag’-kultuur toegepas. Die uiters voedsame en vitamien- en mineraalryk uitgeloopte veevoer is vir ’n verskeidenheid lewende hawe en voëls gevoer. (Harris, 1992)
Wat is GreenFeed Growing Systems?
Alle groeikamer-eenhede met GreenFeed® Growing Systems is weerbestand en sluit produkeienskappe in soos higiëniese afwerking, sterkte en duursaamheid en maklike samestelling in. Die GreenFeed® Growing Systems is beskikbaar as ’n standaard-model of ’n individueel ontwerpte aëroponiese gars/hawer-groenvoergroeikamer in verskeie groottes:
GreenFeed® Growing Systems-produkreeks |
||||
MODEL |
GROOTTE |
Getal vleis-/melkbeeste per dag gevoer | Getal skape per dag gevoer | |
Faktor: 14 kg per kop per dag | Faktor: 2.2 kg per kop per dag | |||
A |
MIKRO-EENHEID | Produksievolume van 250 kg – 1 ton per dag (nuwe gebou) | 71 | 455 |
B | SEMI-GEOUTOMATISEERDE EENHEID | Produksievolume van 1–14 metrieke ton per dag (eie gebou) | 1000 | 5833 |
C | VOLLEDIG GEOUTOMATISEERDE EENHEID | Produksievolume van 14–200 metrieke ton per dag (nuwe gebou) | 14285 | 90909 |
In ons MIKRO- EN HANDGEBRUIKSGEREED-EENHEDE word ’n keur van graansade op die groeikassies versprei en word dit teen voorafbepaalde tussenposes met oorhoofse sproeiers met water besproei. In ons handgebruiksgereed stelsel word die voer bloot ná agt dae uit die kassies verwyder, waarná die kassie afgespoel en herbesaai word. Alle bedryfsaspekte, met inbegrip van besproeiing, reiniging, higiëne, beligting, herbesaaiing, die verwydering van produkte, lugvloei, humiditeit en lugtemperatuur word met die hand beheer.
In ons SEMI-GEOUTOMATISEERDE EENHEDE moet die kassies bloot gewas en die voer met die hand verwyder word. Alle ander aspekte van die kweking van gars/hawer-groenvoer word in ’n semi-geoutomatiseerde rekenaarbeheerde omgewing hanteer, wat insluit waterfiltrering, -suiwering, -sterilisering en -herwinning; misbesproeiing van saad; groeikamer-higiëne; groeiligbeheer; lugvloeibeheer; lugsuiwering; humiditeits- en temperatuurbeheer; en saadberging, -reiniging en -sterilisering.
In ons VOLLEDIG GEOUTOMATISEERDE EENHEID word alle aspekte van die kweek van gars/hawer-groenvoer beheer. Die volgende prosesse is volledig geoutomatiseer: waterfiltrering, -suiwering, -sterilisering en -herwinning; misbesproeiing van saad; groeikamer-higiëne; groeiligbeheer; herbesaaiing en produkverwydering; groeikasreiniging en -sterilisering; lugvloeibeheer; lugsuiwering; humiditeits- en temperatuurbeheer; CO2-inspuitingsbeheer; en saadberging, -reiniging en -sterilisering.