Verskaf ons met u kontak informasie en ons sal u kontak!






Home Meer oor Ons

Meer oor Ons

Ons Geskiedenis

GreenFeed® Growing Systems is in 2005 deur Nick Kemp in Nylstroom, Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, gestig en ontwikkel. GreenFeed® Growing Systems het ’n suksesvolle kommersiële GreenFeed-groeikamer bedryf waarin vars aëroponies gekweekte gars/hawer-groenvoer teen ’n koers van 1 460 ton per jaar of 4 ton per dag gekweek is. Die aëroponiese gars/hawer-groenvoer is vir kommersiële doeleindes geproduseer en aan vooraanstaande melkboere in die gebied verskaf. Die kantore van GreenFeed® Growing Systems het hierná na Ruimsig in Krugersdorp, Suid-Afrika, verskuif.Vandag spesialiseer GreenFeed® Growing Systems in die ontwerp, vervaardiging en installering van ’n hele reeks modulêre aëroponiese groeikamer-toepassings van hoë gehalte oor die wêreld heen

Ons maatskappy bestaan uit ’n span bedrewe groeikamervervaardigers wat dienste en kundigheid lewer om in jou gars/hawer-kweekvereistes te voorsien. Die oorspronklike GreenFeed® Growing Systems is ontwerp om in enige klimaatstoestande te gebruik en is na talle oorsese lande uitgevoer. Die oorspronklike handgroeistelsels het ’n eenvoudige ontwerp, vereis baie min instandhouding en tegniese ondersteuning, het ’n lae insetkoste en verg die minimum arbeid. Die buitensporige huidige koste van gekonsentreerde proteïenvoer en die alternatiewe duur groenvoerkweekoplossings in die hedendaagse mark het as aansporing vir hierdie plaaslike ontwerp gedien.

Die vernaamste rede vir die ontwikkeling van die oorspronklike GreenFeed® Growing Systems was om goedkoop proteïenvoer op aanvraag te produseer. GreenFeed® Growing Systems is oor lande oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) heen werksaam en ons het omvattende ervaring in die landbousektore in hierdie streke. Ons het reeds ’n aansienlike hoeveelheid GreenFeed™ Growing Systems-pakketoplossings aan verskeie boere in die melk-, vleis-, vark-, skaap- en perdbedrywe verskaf.

GreenFeed® Growing Systems word in bykans elke landbou-omgewing verteenwoordig en ons fokus op die spesifieke behoeftes van elke boer, want ons weet almal doen dinge op hul eie manier. Ons voorsien graag in jou unieke behoeftes en vereistes, maar ons bied ook standaard-produkoplossings.

GreenFeed® Growing Systems sal uit die staanspoor as vennoot met jou saamwerk om jou deur die proses te lei en om kostedoeltreffende oplossings te bied vir behoeftes wat jy geïdentifiseer het. Die produkte wat jy sal benodig om jou eie daaglikse aëroponiese gars/hawer-groenvoer in voerkraaleenhede vir melk- en vleisbeeste, die perd-, skaap-, vark- en hoenderbedryf, dieretuine, hansdieretuine en wildplase te produseer, word in die produktetabel gelys.

Hierdie tegnologie kan ook gebruik word vir grondlose kweking van spruite, blomme, kruie, vrugte en groente. Ons voorsien in jou persoonlike behoeftes en geen projek is te klein of te groot vir ons nie. Kyk gerus na ons groeikamerprodukte en kies die produk wat in jou behoeftes sal voorsien.

Ons korporatiewe struktuur

GreenFeed® Growing Systems (Edms) Bpk: ontwerpers, vervaardigers en verskaffers van DIY-, hand-, semi-geoutomatiseerde en volledig geoutomatiseerde aëroponiese gars/hawer-groei-oplossing

Ons stigting

SA SEDA se visie is sedert 2002 die skepping van ’n regverdige, billike en vooruitstrewende Suid-Afrikaanse samelewing deur die implementering en bestuur van volhoubare werkverskaffingsprojekte. In die lig van Suid-Afrika se geweldige ontwikkelingsuitdagings en spesifiek die toenemende werkloosheidsprobleem, is SA SEDA goed geposisioneer om op ’n betekenisvolle wyse hierop te reageer.

Daar is tans, meer as ooit tevore, ’n behoefte aan nuwe ontwikkeling en sakemodelle wat sal lei tot die skep van volhoubare werkverskaffingsgeleenthede en ’n verbetering van die lewensgehalte van benadeelde gemeenskappe oor die land heen.

SA SEDA se benadering, met sy kernfokus op die ontwikkeling van projekte wat ondersteuning ontvang totdat dit volhoubaarheid bereik, het die potensiaal om ’n blywende impak op die werkloosheidsituasie in die land te maak, terwyl vaardighede, kapasiteit en infrastruktuur in gemeenskappe terselfdertyd uitgebou word, wat plaaslike eienaarskap en inkomstegenererende geleenthede op lang termyn sal verseker.

Beleggingsgeleenthede

GreenFeed® Growing Systems bied aan die ernstige belegger die geleentheid om eksklusiewe verkoopregte vir verskeie streke in Suider-Afrika te bekom. Hierdie is ’n werklike geleentheid om jou eie besigheid te begin met ’n gevestigde groeikamer-handelsmerk wat reeds vir sewe jaar in die mark is, en deur sewe jaar se navorsing oor bykomende produkontwikkeling ondersteun word. Indien jy meer wil weet oor hoe om ’n gelisensieerde beleggingsvennoot te word, stuur vir ons ’n e-pos met jou volledige besonderhede en ons sal so gou moontlik met jou in aanraking kom.